Die Kultuurtuiste – wat die Voortrekkermonument en Natuurreservaat, die FAK, die Erfenisstigting, die Udolpho Rivierplaas en Bloedrivier insluit – is ’n dinamiese tuiskomplek vir kuns, kultuur, taal, geskiedenis, erfenis en gemeenskap. Ons is op soek na ’n strategiese denker en kreatiewe gees om as Senior Joernalis die Kultuurtuiste se stem en sigbaarheid te versterk en uit te brei. Die ideale kandidaat is ’n gesoute, passievolle media- en kommunikasiekundige met uitmuntende inhoudskeppingsvaardighede vir verskeie gehore en platforms, en ’n wye netwerk van kontakte in die mediawêreld. Die posbekleër rapporteer aan die bedryfshoof: media, bemarking en toerisme.
Vernaamste verantwoordelikhede:
- Ontwikkel en implementeer ’n omvattende media- en kommunikasiestrategie wat die visie en missie van die Kultuurtuiste en sy onderskeie instellings ondersteun.
- Bou en handhaaf sterk verhoudings met tradisionele en digitale media, joernaliste, beïnvloeders, donateurs en vennote – plaaslik en internasionaal.
- Bestuur en skep kreatiewe geskrewe en visuele inhoud met hart én diepte vir veldtogte, promosies, mediavrystellings en bemarking vir tradisionele en digitale platforms, insluitend sosiale media, webtuistes en nuusbriewe.
- Moniteer die Kultuurtuiste se openbare beeld, mediaprofiel, en dekking.
- Werk nou saam met instellings om die algehele Kultuurtuiste-aanbod te bemark.
- Bestuur ’n klein maar doeltreffende mediaspan, met die vestiging van ’n gesaghebbende Kultuurtuiste-mediahuis voor oë.
Vereiste vaardighede:
- ’n Graad in kommunikasie of joernalistiek. ’n Nagraadse kwalifikasie sal in jou guns tel.
- Minimum 8 jaar se relevante ondervinding in ’n soortgelyke rol.
- Bewese ervaring in media- en handelsmerkstrategie, inhoudskepping, reputasiebestuur en veldtogontwikkeling.
- Uitstekende Afrikaanse en Engelse skryf- en kommunikasievaardighede.
- Sterk projekbestuursvermoë en ’n kreatiewe ingesteldheid.
- Tegniese vaardigheid in die nuutste digitale kommunikasiehulpmiddels.
- Uitgebreide kontaknetwerk in die gemeenskaps- en nasionale mediawêreld.
- ’n Diep begrip van en liefde vir die Afrikanerkultuur en -geskiedenis.
- Leierskapstyl wat spanontwikkeling én gehalte-uitsetlewering in die hand werk.
- Kan strategies en onder druk te werk, terwyl uitnemendheid gehandhaaf word.
Wat ons bied:
- ’n Inspirerende werksomgewing gefokus op diensbaarheid bo eie belang, ’n leerkultuur, kulturele groei en gemeenskapsaktivering.
- ’n Mededingende vergoedingspakket.
- Die geleentheid om ’n impakspeler te wees om kulturele selfvertroue te skep en ons ryk taal-, kultuur-, en geskiedeniserfenis aan die volgende geslag oor te dra.
Stuur jou volledige CV, motiveringsbrief, en kontakbesonderhede van drie verwysings aan Ruan de Wet by: [email protected].
Sluitingsdatum: 26 September 2025.