Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) nooi dinamiese en kultuurbewuste jong mense uit om aansoek te doen vir die pos van Kultuurbeampte in die Wes-Kaap. Hierdie sleutelposisie word vanuit Akademia se kampus in Paarl vervul.
Die FAK is ’n toonaangewende kultuurorganisasie wat die Afrikaanse taal, kultuur en geskiedenis bevorder en beskerm. As Kultuurbeampte speel jy ’n aktiewe rol in die opbou van gemeenskappe en die bewaring van ons ryk erfenis.
Werksplek:Akademia-kampus, Paarl, Wes-Kaap
Sluitingsdatum vir aansoeke: 15 Oktober 2025
Aanvangsdatum 15 Januarie 2026
Verantwoordelikhede:
- Inisiatief neem om kulturele aktiwiteite en Afrikanergeskiedenis onder studente en jong mense te bevorder.
- Bevordering en implementering van die FAK se nasionale projekte en skoolprojekte.
- Versorging en koördinering van erfenisprojekte wat die bewaring van Afrikanerbakens en -monumente insluit.
- Skakeling met plaaslike owerhede, skole en gemeenskappe om samewerking en kultuurbewustheid te bevorder.
- Beplanning, reëlings en suksesvolle uitvoering van FAK-funksies en -geleenthede.
Vereistes:
- Ouderdom: 35 jaar of jonger.
- ’n Liefde en passie vir Afrikaans, Afrikanergeskiedenis en -kultuur.
- Gemeenskapsgerig met uitstekende menseverhoudinge.
- Vermoë om selfstandig en inisiatief-gedrewe te werk.
- Sterk organiseringsvermoë en selfvertroue.
- Dryfkrag om projekte van begin tot einde suksesvol te bestuur.
Aansoekproses: Stuur ’n volledige CV en motiveringsbrief aan [email protected]