Die Kultuurtuiste is op soek na talentvolle musikante wat op ’n deeltydse basis musiek kan maak by die Voortrekkermonument in ’n unieke kultuurerfenis-omgewing. Laat jou musiek deel word van ’n plek waar geskiedenis, kultuur en klank mekaar ontmoet.
Tye:
- Maandae tot Saterdae tussen 12:00 en 14:00
- Sondae tussen 15:00 en 17:00
Plekke:
- Binne die Monument – klavierspel
- Op die Markplein – akoestiese instrumente.
- Instrumente sluit in:
- Klavier
- Kitaar
- Konsertina
- Viool
- Tjello
- Ander gepaste akoestiese instrumente
Ons soek mense wat:
- ’n liefde vir musiek en kultuur het
- ’n rustige, atmosfeerskeppende styl kan skep
- betroubaar en professioneel is
- gemaklik is met besoekers in ’n openbare ruimte
Vergoeding: Deeltyds/per sessie (onderhandelbaar)
Indien jy belangstel of iemand ken wat ideaal vir dié besonderse geleentheid is, stuur ’n kort beskrywing van jou musiekervaring (en indien moontlik ’n video of klankgreep) na [email protected]. Die sluitingsdatum is 27 Februarie 2026.