Rapporteer aan: Bemarkingsbestuurder, FAK
Ligging: Pretoria (Voortrekkermonument)
Indiensneming: Voltyds
Sluitingsdatum vir aansoeke: 30 September.
Die Junior Grafiese Ontwerper is verantwoordelik vir die ontwerp en uitvoering van visuele inhoud wat die FAK se kultuur- en bemarkingsprojekte ondersteun. Die pos hou verband met die FAK se taak om Afrikaanse kultuur, erfenis en gemeenskapsprojekte op ’n kreatiewe en toeganklike manier te bevorder.
Verantwoordelikhede
- Ontwerp en ontwikkeling van grafiese inhoud vir digitale en gedrukte platforms (sosiale media, webwerf, nuusbriewe, brosjures, plakkate, programboekies, ens.).
- Ontwerp van template en huisstylmateriaal in ooreenstemming met die FAK se korporatiewe identiteit.
- Skep van visuele elemente vir FAK-veldtogte, projekte en geleenthede (bv. feeste, kompetisies, herdenkingsdae).
- Samewerking met die bemarkingsbestuurder en ander afdelings om konseptuele idees visueel te vertaal.
- Basiese fotoredigering en beeldmateriaalversorging.
- Voorbereiding van lêers vir drukwerk en koördinering met drukkers/verskaffers.
- Monitering van grafiese tendense om vars en relevante ontwerpidees aan te bring.
NB Vervaardiging van video’s sal as sterk aanbeveling dien.
Kwalifikasies en ervaring
- Nasionale Diploma of B-graad in Grafiese Ontwerp of ’n verwante veld.
- 1–2 jaar praktiese ondervinding in grafiese ontwerp (internskap/intreevlak kan oorweeg word).
- Vaardigheid in Adobe Creative Suite (Illustrator, Photoshop, InDesign; Premiere Pro en After Effects ’n voordeel).
- Ervaring met sosialemedia-ontwerp en -uitlegte.
Vaardighede en vermoëns
- Sterk kreatiewe en estetiese aanvoeling met ’n oog vir detail.
- Goeie tydsbestuur en vermoë om sperdatums te haal.
- Spanspeler wat effektief kan saamwerk met die bemarkingspan en ander rolspelers.
- Goeie kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels.
- ’n Passie vir Afrikaanse kultuur en erfenis word as ’n sterk voordeel beskou.
Persoonlike eienskappe
- Positiewe, innoverende ingesteldheid.
- Probleemoplossingsvermoë en buigsaamheid.
- Bereid om te leer en nuwe vaardighede aan te leer.
- Noukeurig en verantwoordelik.
Stuur jou CV teen 30 September 2025 aan Ruan de Wet by die FAK-hoofkantoor.