Vlak: Intreevlak
Vergoeding: Basiese salaris met prestasiegedrewe kommissiestruktuur
Sluitingsdatum: Woensdag 9 September 2026
Aansoeke: Stuur CV na [email protected]

Ons is op soek na ’n energieke, gemotiveerde en mense-georiënteerde individu om by ons span as ’n Vriendebeampte aan te sluit. Hierdie rol is ideaal vir iemand met sterk kommunikasievaardighede wat maklik verhoudings bou en daarvan hou om met mense te werk. Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die werwing van nuwe vriende/ondersteuners, die behoud van bestaande verhoudings, asook die heraktivering van verlore kontakte.

Hoofverantwoordelikhede

  • Bou en ontwikkel nuwe verhoudings met potensiële vriende enondersteuners.
  • Handhaaf en versterk goeie verhoudings met bestaande vriende.
  • Maak uitgaande oproepe na potensiële en bestaande vriende.
  • Volg op met vriende wat nie meer aktief is nie, en werk aan hul heraktivering.
  • Verseker uitstekende kliëntediens en professionele kommunikasie te alle tye.
  • Hou akkurate rekords van oproepe, terugvoer en opvolgaksies.
  • Werk nou saam met spanlede om gestelde teikens en doelwitte te bereik.

Vereistes

  • Graad 12 (Matriek)
  • Goeie kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede
  • Selfgemotiveerd en doelgerig
  • Basiese rekenaarvaardighede
  • Vorige ervaring in verkope, kliëntediens of fondsinsameling sal ’n voordeel wees, maar is nie noodsaaklik nie.

Persoonlike eienskappe

  • Positiewe en professionele ingesteldheid
  • Betroubaar en verantwoordelik
  • Gemaklik om telefoniese oproepe te maak
  • Vermoë om verhoudings te bou en te onderhou
  • Sterk spanwerker met ’n goeie werksetiek