Sluitingsdatum: Vrydag 28 Augustus 2026
Stuur jou CV en portefeulje na [email protected]

Is jy ’n visuele storieverteller met ’n skerp oog vir detail, ’n kreatiewe ingesteldheid en ’n passie vir stories? Dan is hierdie geleentheid vir jou! Ons is op soek na ’n ervare, kreatiewe en innoverende grafiese ontwerper om deel van ons span te word. Jy sal help om die Kultuurtuiste se handelsmerke, projekte en stories visueel te verpak én vertel, en op verskillende platforms tot lewe te bring.

Beskik jy oor die volgende?

  • ’n Kwalifikasie in grafiese ontwerp, visuele kommunikasie of ’n verwante rigting.
  • Bewese ervaring as grafiese ontwerper en ’n sterk portefeulje van werk.
  • Gevorderde vaardighede in Adobe Creative Cloud, insluitend InDesign, Illustrator en Photoshop.
  • Multimediavaardighede, insluitend fotografie, videografie, videoredigering, animasie en die ontwikkeling van visuele inhoud vir digitale platforms.
  • Die vermoë om ’n konsep van idee tot finale produk te ontwikkel – hetsy vir digitale platforms of gedrukte formaat.
  • ’n Uitstekende begrip van handelsmerkidentiteit, publikasie-uitleg, tipografie en visuele storievertelling.
  • Kreatiwiteit, akkuraatheid, uitstekende tydsbestuur en die vermoë om doeltreffend onder druk te werk.
  • Die vermoë om binne ’n kreatiewe span saam te werk.
  • ’n Passie vir taal, kultuur, erfenis, stories en mense.

Aansoeke sonder voorbeelde van werk sal nie oorweeg word nie.