Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) is op soek na ’n dinamiese en toegewyde Geskiedenisbeampte om ’n leidende rol te speel in die bewaring, ontwikkeling en bevordering van Afrikanergeskiedenis.
Werksplek: FAK-hoofkantoor, Voortrekkermonument, Pretoria
Sluitingsdatum vir aansoeke: 15 Oktober 2025
Aanvangsdatum: 15 Januarie 2026
Pligte en verantwoordelikhede
- Ontwikkeling, bestuur en bemarking van die FAK se geskiedenisprojekte, insluitend die Nasionale Geskiedenisolimpiade, die Internetmuseum en die Geskiedenisdagboek op sosiale media.
- Skryf en vervaardig van kort (1 minuut) Afrikanergeskiedenis-video’s.
- Ontwikkel nuwe projekte en inisiatiewe om Afrikanergeskiedenis onder jongmense, skole en studente te bevorder.
- Doen navorsingsprojekte en stel inhoudsame samevattings of artikels op.
- Skryf van geskiedenisartikels vir die media en opstel van genuanseerde standpunte namens die FAK.
- Bestuur van die FAK-argief in oorleg met die Erfenisstigting.
- Reël en aanbied van geskiedenistoere en betrokkenheid by gemeenskapsinisiatiewe.
- Ondersteun die uitvoerende direkteur met historiese navorsing.
- Beplanning en organisering van historiese seminare en konferensies.
Vereistes en persoonlike eienskappe
- Grondige kennis van Afrikanergeskiedenis en die vermoë om historiese verbande te trek en kontekstueel toe te pas.
- Ervaring in navorsing en skryfwerk.
- Uitstekende taalkundige vermoëns (Afrikaans veral, Engels voordelig).
- Kan selfstandig werk, inisiatief neem en gemeenskapsgerig dink.
- Dryfkrag, kreatiwiteit en ’n liefde vir Afrikanergeskiedenis en -kultuur.
- Nie vasgevang in polities korrekte benaderings nie, maar wel in staat wees om genuanseerde en gebalanseerde standpunte te formuleer.
Kwalifikasies
- ’n Graad in Geskiedenis, Kultuurgeskiedenis of Geskiedenis-onderwys.
- ’n Honneurs- of Meestersgraad word nie vereis nie, maar sal as ’n sterk aanbeveling dien.
Aansoekproses
Stuur die volgende teen 15 Oktober 2025 aan Ruan de Wet ([email protected]) by die FAK-hoofkantoor (Pretoria):
- ’n Motiveringsbrief (waarom jy geskik is vir die pos).
- ’n Volledige CV met verwysings.
- Voorbeelde van geskrewe werk of navorsing (indien beskikbaar).